Onbeskaamd Vrou

’n Gemeenskap. ’n Reis. ’n Stukkie lig.

Ek is Eleanor Theron, die hart agter Onbeskaamd Vrou.

Hierdie blad het in November 2022 begin as iets baie persoonlik. Ek het begin skryf om my eie gedagtes en emosies te verwerk. Ek is ’n oor denker en het al my eie stryd met emosies en donker tye gehad. Hierdie platform het vir my ’n manier geword om dit alles te verwerk en uit my hart uit te skryf.

Maar iets besonders het gebeur.

Dit het nie net by my gebly nie.

Dit het gegroei in ’n gemeenskap.

Vandag is Onbeskaamd Vrou ’n plek waar duisende vroue daagliks bymekaar kom om mekaar te ondersteun, te inspireer en net mens te wees. ’n Plek waar jy nie hoef voor te gee nie. Waar jy welkom is, net soos jy is.

Ons gemeenskap

Die Onbeskaamd Vrou blad het amper 84 000 followers en groei steeds.

Ons het ook verskeie groepe wat elkeen ’n spesifieke doel dien:

’n veilige ruimte vir eerlike gesprekke

’n plek waar vroue mekaar kan ondersteun

geleenthede vir werk en besigheid

en selfs ’n spasie vir advertensies

 

Hierdie gemeenskap is vir my kosbaar. Ek glo opreg dat dit nie net deur my gebou is nie, maar dat daar ’n groter doel daaragter is.

My hart vir hierdie platform

My droom is eenvoudig:

Dat elke vrou hier sal voel sy is:

  • gesien
  • waardeer
  • geliefd

Ek wil hê dit moet ’n plek wees waar jy elke dag iets kry wat jou optel. Of dit nou ’n boodskap is, ’n storie, ’n gedagte of iets wat iemand anders deel.

Soms is dit presies wat ons nodig het.

Wat ek doen

Buite Onbeskaamd Vrou is ek ook ’n sosiale media bemarker en entrepreneur. Ek help besighede om te groei, sigbaarheid te kry en werklike resultate te sien deur strategiese bemarking.

Ek is ook ’n gekwalifiseerde life coach en werk tans verder aan my kwalifikasie as ’n business coach.

As jy voel jy het leiding, rigting of net iemand nodig om saam met jou te dink, is jy welkom om my te kontak.

Kom ons bou saam

Ek glo sterk in samewerking en verhoudings.

Ek wil graag netwerk en saamwerk met ander vroue in besigheid. As jy ’n besigheid het en jy wil saam groei, idees deel of projekte aanpak, hoor ek graag van jou.

Wat om volgende te verwag

Hierdie platform gaan nog groei.

 

Ek beplan om:

 

  • ’n podcast te begin
  • ’n blog afdeling te bou
  • my eie kort stories en skryfstukke te deel
  • meer oor die Suidkus te skryf en deel
  • en sommer alles wat ek geniet en waardevol is met julle te deel

 

Onbeskaamd Vrou is nie net ’n blad nie.

Dit is ’n leefruimte.

 

Dankie

 

Dankie dat jy hier is.

Dankie dat jy deel is van hierdie gemeenskap.

Dankie dat jy ander vroue ondersteun.

 

Ons het mekaar nodig.

En hier, staan ons saam.